Michael is n jong seun wat hierdie jaar in Matriek moes wees, ,maar na aanleiding van n hartaanval op 18 Augustus 2012, het sy en sy hele familie se lewens en lewensstyl heeltemal verander. Neem asb n oomblik van U tyd om hierdie gebeurtenis te lees, want selfs net n gebed, word hartlik waardeur.
Dit was n doodgewone Saterdag more 11h, Michael was die een oomblik nog besig om soos die normale tiener seun Sms’e en Bbm;s te stuur en die volgende oomblik het sy ma n oproep ontvang wat ALS verander het. Oor die foon het hy angstig en snakkend na sy ma om hulp gevra en uitdruklik vir haar gese hy voel asof hy besig is om n hartaanval te kry. My ma was gelukkig nie ver van die huis af nie en het toe onmiddeliuk huistoe gejaag, maar toe sy by die huis kom, en roep na hom, was daar geen antwoord. Sy het toe op sy ligaam in die badkamer af gekom waar hy, steeds ten volle geklee, net sonder skoene, in die bad gele het en die koue water steeds besig was om in die bad in te loop. Hy het toe reeds geen pols gehad nie en hy was blou om die mond. Hy het n roggel gegee en ons ma het gedink hy was toe reeds dood. Gelukkig het hy toe hy begin sleg voel, n vriendin van hom se ma ook laatweet en toe my ma haar kontak, was sy reeds om die draai. Toe die tannie by die huis ingestorm kom, het sy dadelik na die badkamer gehaas, hom uitgetel en hulle het hom op die sitkamer mat neergele en probeer mond tot mond asemhaling toepas, maar daar was net geen reaksie nie. Die tannie het toe gese hulle kan nie vir die ambulans wag nie, en hulle het hom onmiddellik in die kar gelaai en hospitaal toe gejaag.
Na omtrent n uur was hy eers gestabiliseer. Dokters het na die hart scans eers besef dat Michael se hart verlaag is en nie op die gewone plek in sy ligaam sit nie en dit is wat bygedra het tot die feit dat hulle so lank gesukkel het om die hartklop terug te kry. Hy was onmiddelik in die ICU te Netcare Kuilsrivier opgeneem. Michael het baie erge brein skade opgedoen agv die lang periode wat hy sonder suurstof was. Dokters beskryf hierdie skade as “anoxic brain damage”. Dokters het later aan die familie verduidelik dat die oorsaak van die hartaanval, n verharde hartklep en vergrootde hartkamer was. Hy sal in die toekoms n hartoperasie ook moet ondergaan. Die brein kan wel genees en ander roetes formeer en die familie is vol hoop vir 100% herstel.
Tot dusver kan hy steeds nie eet nie, hy het n “Mick Key” (peg) in sy maag en word deur n pyp fyn en lopende voedingstowwe in gegee. Sy verstand is dus baie helder en as die familie vir hom instruksies gee, probeer hy sy bes om dit uit te voer, bv, as ons vra hy moet sy been ontspan. Hy kan ook nog nie praat nie so hy kommunikeer deur oogknippies, 1 is nee en 2 is ja. Hy het vir maande net gele en hy het wel in ICU en ook in rehab fisio- ,arbeids – en spraakterapie ontvang, maar sy spiere het steeds verkort. Dokters se dit kan ook gekoppel wees aan die breinbesering. Op die stadium het hy vreeslike pyn en krampe agv die spiere. Sy regterbeen is heeltemal opgetrek so as ons n doek wil verander, moet ons 2 mense wees want 1 word benodig om die bene uitmekaar en oop te forseer. Hy kan steeds nie sit nie, maar hy het n spesiale rolstoel wat R21 000 gekos het wat spesifiek ontwerp is vir sy huidige behoeftes aangesien dit hom in al die nodige plekke ondersteun. Michael se buitepasient fisio wat deur medies gedek word, is ook reeds Februarie uitgeput, so al die benodigde oefening word nou van die huis af deur sy ma en huishulp gedoen. Hy is op hierdie stadium ten volle afhanklik van hulp, 24/7.